Skip to Questions

Ask a Librarian

Useful Tip: Enter a keyword to see previously answered questions
Q

Ek het verlede jaar klaar geswot maar wil nog dikwels op die biblioteek se webwerf wees vir inligting.

Ek het verlede jaar klaar geswot maar wil nog dikwels op die biblioteek se webwerf wees vir inligting. Is daar 'n manier wat ek kan toegang kry tot die webtuiste om al die artikels te kan lees?
Last Updated: Apr 12, 2016  |  11 Views

Was this helpful? 0   0
A

Answer

Omrede ons binne ons akademiese  lisensie voorwaardes van ingetekende e-bronne moet te bly, is afkampus toegang slegs toeganklik vir geregistreerde studente en personeellede van Universiteit Stellenbosch. 

Ons ontvang verskeie versoeke van alumni en nie-universiteitskliënte wat die biblioteek se e-bronne buite die kampus wil gebruik.  Alhoewel ons graag hierdie gebruikers (veral alumni) sou wou help, maak ons akademiese lisensie voorwaardes met uitgewers en verskaffers nie voorsiening vir hiervoor nie. Ons is bewus daarvan dat nie-universiteitskliënte en alumni bereid is om te betaal vir so 'n ooreenkoms, maar ongelukkig sal so 'n ooreenkoms ook nie binne die bestaande subskripsie val nie.

Ek is regtig baie jammer dat ons u versoek nie gunstig kan oorweeg nie.

Verskeie databasisse is egter ooptoegang databasisse en tydskrifartikels kan gratis afgelaai word. Ooptoegangdatabasisse word met die icon  op die e-databasislys op die biblioteek se webblad aangedui. Probeer gerus hierdie gratis databasisse om die inligting wat u benodig op te spoor.

Answered by Anita LiebenbergBookmark and Share

Other Answers / Comments (0)

    Related content from Library guides / Biblioteekgidse