Skip to Questions

Ask a Librarian

Useful Tip: Enter a keyword to see previously answered questions
Q

Hernuwing van Bib Boeke werk nie

Ek moes Vrydag 14 Maart bib boeke hernu het. Maar dit het my so effens ontgaan om dit elektronies te hernu.
Toe ek nou vandag op my rekening gaan om die boeke te hernu, toe staan daar niks van enige boetes nie, en dit het ook gese al 5 boeke is hernubaar.

Toe ek die boeke selekteer en alles wil hernu, toe word daar skielik vir my gese ek kan dit glad nie hernu nie.
Hoe dan nou gemaak???

Ek kom eers Woensdag kampus toe, en sover my kennis strek kon ek die boeke Vrydag nog vir die laaste keer elektronies hernu voordat ek die boeke fisies moet inbring vir hernuwing.

Wat stel u voor moet ek doen? Ek wil nie 'n boete betaal nie, maar ek wil baie baie graag steeds die boeke hou en gebruik.

HELP ASB!
Last Updated: Sep 21, 2016  |  6 Views

Was this helpful? 0   0
A

Answer

Ek het jou boeke hernu tot 31 Maart 2014. Jy het geen boetes nie aangesien jy 3 dae grasie kry.

Boeke kan 2 keer hernu word sonder om hulle in te bring. Jou boeke was 1 keer hernu, dus het jy nog 'n hernuwing "oorgehad". Indien jy egter boeke elektronies wil hernu moet dit voor die vervaldatum gedoen word.

Die boeke was dus nog hernubaar, maar op 16 Maart nie meer elektronies nie.

Lees meer oor die hernuwing van boeke op die biblioteek se webblad onder Hernu my boeke

Answered by Reinet FaasenBookmark and Share

Other Answers / Comments (0)

    Related content from Library guides / Biblioteekgidse